Hulde aan ‘n heengegane vriend

DCD1F645-EDC6-4717-9A20-2C24931D0EFD-21877-00000568BB5CB9F2

Man met oorjas. Fotografika: DWV

Hulde aan ’n heengegane vriend

vir Pieter van Vuuren

.

Oor talle eiken heen

swenk die wind …

sê die man

met die oorjas

soos ’n mantel

om sy skouers

waar hy in die deur staan.

.

In sy stem is daar

viole en gedempte klarinette,

snare wat gestreel word

in klanke

wat dra aan betekenisse

toegedraai in veelkleurige Inka-komberse,

versier met kralewerk,

liggaamswarm guanacos

wat nuuskierig uitloer

en seine gee met hulle ore.

.

Die man praat in ’n ou taal,

’n sjarmante manier van sê:

Hierdie dag het nou die behoefte

om vir jou en my

plek te gee

waar ons kan sit

en vir mekaar

die geskenk kan gee

van daardie

nat sandjie van geloogde

geloof uit

die geweldige niemandsnag.

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s