Wat beteken jy?

EF7BCED3-5427-4EC8-84CD-1E563A104537-19064-000004C264AF4D79

Wat beteken jy? Grafika: DWV

Wat beteken jy?

.

Jy is nou geteken.

Waarvoor staan jy?

Wys jy op

al die dink

wat ons opgestapel het

sonder deeglike fondament

en wat dreig

om in duie te stort?

.

Teken jy die tyd,

die ure en vinnig-omblaaiende dae

van ons lewens

wat ons lei

ten spyte van onsself?

.

Simbool is jy nie,

want jy staan

vir niks nie.

Teken is jy wel,

wat wys

waar ons moet gaan soek

en kyk

en vergelyk,

tot ons weet

ons het iets in die hand,

wat nie uitlloop

soos sand.

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s