Ontkoming van Jakob

Engel en Jakob

Jakob se engel. Grafika: DWV

Ontkoming van Jakob

.

Ons hou mekaar

in ’n greep.

Ek voel sy arms

onder myne.

Sy hande is klemme om my.

Hy ruik na sweet,

kookwater op brullende vuur.

Sy vlerke het die geur

van bloekomblare,

ek voel sy hare teen my gesig.

.

Ek beur en voel

hoe hy begin meegee.

.

Blitsig verwissel hy van greep

en vang my linkerarm

magteloos agter my rug

in slot.

.

Ons asems kom en gaan

soos ’n herfswind.

Dan krul sy been om myne,

ruk my van balans

en ek val.

.

Ons tuimel ondertoe

in ’n wolk los vere

wat die son se glans versag.

.

Die see strek

skynbaar oneindig uit onder ons,

soos die gemoed van ’n epiese digter,

die kleur van donkerrooi wyn.

Ver onder staan Homeros,

sy pankop net ’n wit stippeltjie;

hy trap met sy kaalvoete

in die vlak golfies.

.

Terwyl ons val,

lewe ons.

Hy los my en klap sy verweerde vlerke,

hy kan nog vlieg.

.

Ek kan nie meer nie.

Die see onder my

maak sy mond oop –

donker keel:

daar diep in lê

’n rooi hart

en tel

’n onbekende getal.

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s