Tussenpose

Tussenin

Tussenin. Grafika: DWV

 

Intervalo 

Octavio Paz

.

Arquitecturas instantáneas

sobre una pausa suspendidas

.

Tussenpose

.

Oombliklike argitektuur

hang oor ’n tussenpose,

verskynsels sonder naam

onbedag, windvorms,

en soos die tyd

sonder substansie.

.

Gemaak van tyd, maar hulle is nie tyd nie;

hulle is die gaping, die spleet,

die kort duiseling van tusssenin

waar die deursigtige blom oopgaan:

hoog op die steel van ’n weerkaatsing

dit draai terwyl dit verdwyn.

.

Onaangeraak, helderhede

gesien met geslote oë:

die deursigtige geboorte

en die kristalagtige val

in die oomblik van hierdie oomblik,

wat vir ewig hier is.

.

Buite die venster: die verlate

dakke en stormende wolke,

die dag skakel af, die stad

raak verlig, naby en ver.

Gewiglose uur. Ek asem

die leë, ewige oomblik in.

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s