Hier’s vir jou polfyntjie

Bosviooltjie. Barleria obtusa

Baleria obtusans. Bosviooltjie. Foto: DWV

Hier’s vir jou polfyntjie

.

Antoinetjie hou

die bosviooltjieblom

in haar handjie.

.

Die jonkman loop draaie,

maak of hy haar nie sien nie.

Maar sy draaie

word al hoe korter

tot hy amper vasloop

in Antoinetjie.

.

Watse blom

is dit daardie? vra hy

van pure weet-nie-wat-nie.

Dis ’n bosviooltjieblom

sê Antoinetjie,

en dis vir jou.

.

Maar wat moet ek maak

met ’n bosviooltjieblom?

vra die jonkman,

hees van stem van weet-nie-wat nie.

.

Plant hom, antwoord Antoinetjie,

en laat hom groei

tot jy ’n hele bossie het.

Dan bring jy

vir my ’n bossie

van die bosviooltjieblom.

.

Daar loop Antoinetjie

met haar kop oor haar skouer

en die jonkman

staan en wonder

met ’n bosviooltjieblom

in sy hand.

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s