Druk

download.

Druk

.

Hier binne

druk die witwarm stoom

teen die wande

van my ingewande.

Kole gloei in ’n woedende

rooi metaboliese

oond.

Stoom wentel stadig

binne my,

stom, stug,

soekend na ’n plek

om deur te bars.

.

Onophoudelike vuurhitte

laai op, marsjeer die waterketel in,

ongeag die wet, ongeag pleidooie,

marsjeer hulle in, linie na linie,

die hitte van ongenaakbare stryd.

.

Dit is onhoudbaar.

Die stoom beur ’n klep oop,

stroom skreeuend deur die pype

tot in die suiers

wat begin beweeg,

op en af.

.

Die volmaakte sirkels

van die wiele rol

van nul tot driehonderd  en sestig –

al hoe vinniger.

.

’n Eeu dreun knersend

weg op sy spore,

loop al hoe vinniger,

weg al op

die smaller-wordende parallel

wat ooptrek, ooptrek.

.

Daar is ’n sinjaal!

Wat beteken dit?

.

Ons verstaan dit nie.

Vorentoe op paralelle spore

wat anderkant die ligte

’n enkellyn word,

verwdyn dit in die Skemering

van die Algoritmes.

.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s