Gesprek met Yanni

5a31cc90bb4ebb4079ae2de22af80f70

 

Gesprek met Yanni

Wat ’n mens aantrek

.

Ek het nie besef

Yanni sit al ’n hele rukkie

daar op die wasgoedmandjie nie.

Sy stut haar ken op haar vuis

en haar oë is ’n bewolkte oggend

terwyl sy dink.

.

Ek bly maar stil

en na ’n ruk sê sy:

Ons is maar almal so.

.

Ek skryf dit neer.

Sy gaan voort:

Antronika het van mooi

gewade gehou.

.

Wie is Antronika?

’n Edelvrou in die tyd van Plato.

Dit is die eerste melding

hierdie wat van dié vrou gemaak is

in die tye

na die geboorte

van Martin Luther.

.

Was sy belangrik?

Ja.

Hoe belangrik?

Net so belangrik

as Plato se leerling Aristoteles.

.

Maar Aristoteles het baie gesê …

Antronika ook.

Maar ons weet van daardie dinge

wat Aristoteles gesê het.

Maak dit hom belangriker?

Wel … baie mense dink so.

Yanni staan op.

.

As jy iemand is,

is alles wat nie jy is nie,

die vlae inligting

wat jy gebruik

om die mooi gewaad te maak

wat jy om jou vou.

.

En as jy wil,

kan jy sê Aristoteles

is in jou gemoed

nogal ’n merkbare,

selfs merkwaardige vou.

.

Yanni trek effens aan haar tuniek

om dit beter om haar heupe

te laat pas.

Dan stap sy by die deur uit.

Die deur bly toe.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s