C11AA36D-89DF-41BF-B764-C97DC5731E3A-347-000000059E0BEA75

Geweef. Fotografika: DWV

Clotho, Lachesis en Atropos bly maar aan die werk
.
Na aan die middel van die maand,
toe dit ongeveer 22 grade C was,
humiditeit aan die lae kant,
wind 8,3 km/h,
taamlik naby die middel
van die binnelandse plato,
nie te ver van die eskarpement
wat grens aan die Laeveld,
het hy
die begrip opgeraap.
.
Hy moes vinnig werk
want begrippe
is prekêr en neig om te verdwyn
soos ’n tiptol
wanneer jy hom raaksien
en hy met ’n flikkering van vlerke
hom in ’n ander werklikheid verplaas
met ’n tartende flits
van sy geel boude.
.
Wat het hy opgeraap?
.
Dit kan nie wetenskaplik beskryf word nie,
net gesuggereer word
met woorde wat die begrip beskermend omring
soos veiligheidspersoneel om ’n president.
.
Dit suggereer:
’n Sumeriese prinses het gesweet
en haar diensmeisie het haar gesig
afgevee met die sagste doek
wat haar beskawing kon produseer.
.
Verder:
’n Laning lindebome in Berlyn.
Wandelaars in klere wat lyk
of dit ontwerp is vir ’n periode-film.
Liszt se magiese musiek.
.
’n Jong fisikus met die naam Martha
wat na ’n skerm staar
vol strepies en kolletjies.
Sy dink sy het nog ’n goed-versteekte geheim
ontdek wat muone
tot nou toe weggesteek het.
.
Dít het hy opgeraap.
Maar wat is die verband tussen hierdie dinge?
Is daar ’n verband?
.
Musiek begin speel in sy kop
en woorde rol voor hom verby:
“Unter den Linden”.
.
Nou besef hy
dat die rafel wat hy opgeraap het,
ingeweef is
in die metaforiese tapisserie van menswees;
dit is ’n draadjie
wat soos ’n akson
vasgeweef is aan al die ander,
van die begin af,
tot die onbekende einde.

Wikipedia:
The Fates – or Moirai – are a group of three weaving goddesses who assign individual destinies to mortals at birth. Their names are Clotho (the Spinner), Lachesis (the Alloter) and Atropos (the Inflexible). In the older myths, they were the daughters of Nyx, but later, they are more often portrayed as the offspring of Zeus and Themis. In Orphic cosmogony, their mother is said to have been Ananke or Necessity. Either way, they had enormous power and even Zeus was unable to recall their decisions.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s