Onderkant van die bokant

CAAE0B59-9D8A-4B49-8C82-977FC5B48D64-1739-0000005FF13BCC9A.jpeg

Onderkant van die bokant
.
Hoog bokant die vloer
kyk die plafon af
na onder.
.
Die vloer lê en kyk
na die plafon.
.
Dit is net ek en jy,
sê die vloer,
wat bestaan.
Ek is nie seker nie,
antwoord die plafon.
Daar is tog iets tussen ons.
Ja, ons het ’n verhouding,
sê die vloer ietwat huiwerig.
Ek bedoel, sê die plafon,
daar is ruimte tussen ons
en daar is selfs voorwerpe
en ander dinge in daardie ruimte.
.
Ja, antwood die vloer, maar van watter betekenis
is dit nou juis?
Die mense daar op die bed? vra die plafon.
.
Die vloer kyk op.
Rûe en voetsole antwoord hy.
Hulle is baie onindrukwekkend.
Jy bedoel koppe en skouers,
antwoord die plafon,
partykeer borse en mae as hulle lê.
.
Jy het eienaardige idees, sê die vloer.
Jy sien dinge en dink dis waar.
Ek, in teenstelling, voel hulle voete
en sien hulle voetsole
en ek weet dis waar.
.
Het die mense nie iets te sê
of hulle waar is of nie? vra die plafon.
Miskien, antwoord die vloer.
Maar gaan dit enigsins verskil maak?

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s