Leer

Leer

Leer. Grafika: DWV

Leer

.

Bring die leer

en steun dit teen die boom se stam.

Klim op.

Van trap na trap

hoër op

die boom in.

.

Die stam word dunner,

die takke kleiner,

maar die leer gaan nog hoër.

.

Jy klim.

Hier is ’n ligte wind wat waai,

die takkies swaai

asof hulle vrolik is.

.

Hier is die toppunt van die boom.

Die leer gaan nog hoër.

Jy kyk af op die boom.

Die leer gaan nog hoër.

Dit is klam om jou

in hierdie ligte mis,

eintlik is dit ’n wolk.

.

Die leer gaan nog hoër.

Jy klim.

Jy begin moeilik asemhaal,

die lug is dun hier.

Jy wonder of jy hoër moet klim;

wat is die sin daarin?

.

Die leer gaan nog hoër.

Wat moet jy doen?

Jy kan nie anders nie,

jy leer.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s