Van die een na die ander

unnamed

Priester. – Rietduiker. Mocrocarbo africanus

Van die een na die ander

.

Swewend oor die blinkplaat water

kom die groot blou reier,

flap sy vlerke,

een keer, flap weer

en land by die riete.

.

Rietduikers staan met oop vlerke,

priesters wat vooruit tuur

met gebuigde nekke

na rimpels op die water.

.

Paddavissies sluk bruin brokkies in,

onwetend nog

van die wêreld buite die water:

die lug hoër as die vlug van ’n reier,

hoog blou van verte.

Een het sy stert verloor,

druk sy neus deur die oppervlak se vlies.

Lug brand in sy longe,

die pyn van die vreugde,

van lewe.

Die blou reier wag.

Die rietduiker staar stip.

.

Lewe gaan in lewe.

Lewe gaan oor in dood,

’n ander vorm van lewe.

dd

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s