So gemaak en so laat staan

Emergent copy

Emergent. Grafika: DWV

So gemaak en so laat staan

.

As ek genoeg atome

in die hande kan kry,

kan ek molekules

daarvan maak.

En met daardie molekules

kan ek baie maak:

potlode, patats, politoer,

en as ek hulle bak,

dan het ek poetse.

.

Ek kan hulle lomp aanmekaarsit

en iets potsierliks kry,

en ek kan ’n hele klompie

ingewikkelde soorte bymekaargooi

om groot plesier te gee –

’n goeie wyn.

.

Ek kan hulle boetseer

en iets maak

wat soos ’n mens lyk,

’n pop,

maar ’n méns kan ek nie maak nie.

.

Mense word gemaak

met onbeteulde drif en liefde,

met pyn en angs,

met vreugdelike samesyn

en eensame bedinking.

.

Mense word gemaak

en so laat staan,

tot hulle weer begin.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s