Die vlugtende non

 

Vlugtende non 02

Vlugtende non. Fotografika: DWV

Vlugtende non

.

Agter haar

die donderende woorde

van die profete,

die bevele van die patriarge,

swaar, donker wette

gemaak deur eeue

se gesprekke deur baarde

en biddende lippe.

.

Agter haar

die stil vroue

geklee in die skadu’s

van huishoeke en swyende beddens.

.

Sy buig

die lig in,

alleen, in die onbekende

witheid in.

.

Of lig leeg is,

weet sy nie,

maar daarna vlug sy,

weg van die suiging van donker gisters.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s