Duimsgewys

5F37943B-A02B-44F1-BB11-2089E4385790-15004-00000448964E173F.jpeg

Duimsgewys

.

Binne die onpeilbaar groot

duimafdruk

van hierdie kosmos

leef ek.

.

Die horison van die riwwe

van die afdruk

is te ver om te sien;

ek moet dit bedink.

.

Ek loop op teen die naaste rif,

’n stadig stygende opdraande;

stygend, hoër en hoër;

dit is ’n eskarpement, Drakensberge.

.

Hier bo is die lug yler,

skoner, en dit is koud.

Van hier af kan ek kyk

oor die lae land.

.

Ver onder lê daar ’n bruin streep mis

oor die kolletjie van die stad

in die uitgestrekte grasvlakte.

Van hier af is die mense

wat daar werk en slaap en eet

te klein om te sien.

.

Ek hou my hand voor my,

dit maak daardie kolletjie toe,

maar die bruin mis

bly sigbaar aan die kante.

.

My duim: daar is ’n patroon

van lyne wat kartel en draai

op die kussing

van my duim.

.

Hierdie duim het baie dinge help maak,

al die lyngrense waarbinne ek lewe.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s