Beslis

Skink-akkedis

Skink-akkedis. Foto: DWV

Beslis*

.

Vandag is beter as gister

want daar skyn meer son

en ek het ’n vliegie gevang,

sê die skink-akkedis.

.

Maar ek wil dit betwis.

Waarom? vra die akkedis.

Ek is ’n mens,

en ’n eter van slaai.

En? vra die akkedis

met sy kop effens eenkant gedraai.

Ek wil my eers vergewis,

antwoord ek, waarom die een

beter as die ander is,

antwoord ek die akkedis.

.

Hy lig sy kop effens op,

sy pens bult uit op die warm klip.

As iets is, soos vandag,

wat ’n heerlike dag is,

is dit beter as ’n dag

wat koud is.

.

Maar jy ís in vandag,

wat ’n heerlike dag is,

antwoord ek.

Of dit beter is,

of slegter is,

jy is nou hier

en dis wat tel.

.

Die akkedis probeer meerderwaardig glimlag,

maar sy lippe is te styf

weens sy reptiliteit.

Dan antwoord hy kalm

en onversteurd.:

beslis.

*Ek teken apologie aan vir die ryme. G’n post-apokalistiese digter rym nie. Dit is vir outydse digters en sissies. Maar, ek kon nie ander woorde kry in die Afrikaanse woordeskat nie. Dit is dus nie my skuld nie, maar die taal s’n. (Oeps, ek wonder … het ek dalk “postmodernistiese” bedoel?) – DWV

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s