Vyf onlogiese punte

EA510C5C-3136-4067-8394-9345B4C3F21B-5328-00000160A8113168

Wilde atome en ione. Grafika: DWV

Vyf onlogiese punte

.

1

.

Aan die begin

is land en see glad gevee

uit die gloeiende stowwe

van wilde atome en ione.

.

2

.

Ek behou my bloed

eers nou;

en neem dit ter harte

dat ek nog met punte, kommas

en woorde kan bou.

.

3

.

Ek is ingelyf

in myself.

Dit kan nie anders nie,

ek moet leef soos voorgeskryf.

.

4

.

Hoor jy die dreuning

van magtige swart kolke wat kook,

kosmosse wat borrel en gis,

nuwe nasies van jong sonne stook?

.

5

.

Dit is vroeg genoeg,

want netnou het nog nie gekom nie.

Later sal dit laat wees,

maar ons laat maar eers

die water oor die akker loop.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s