Nosce te in klei

cd05360a48159b863e36f953da6cac89.jpg

Nosce te in klei

.

Met klei

vorm jy

’n kop.

.

Dit is ’n mens se kop

met ’n hoë voorkop.

Die oë is kunstig ingelê

in hulle holtes

agter toe ooglede om na binne te kyk.

.

’n Sterk neus

staan bokant die mond.

Lippe lê lig teen mekaar.

Die ligste trekking

wys ’n emosie uit die onbepaalbare spektrum

van gevoelens

wat jou ’n mens maak.

.

Jy is gevorm,

maar elke dag

word daar aan jou geboetseer.

.

Gaan jou moeder

jou nog herken?

Jou vader, as hy nog

geleef het?

.

Sal jy môre?

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s