Voorlopig voor anker

08BE3C3E-D727-4BFD-A146-E0F6056CE714-10286-000002DF27248AC4 2

Rotsige kus. Fotografika: DWV

Voorlopig voor anker

.

Hier gooi ons vandag anker.

Groenbeligte deininge

wieg ons stadig

soos slapende borsasemhaling..

.

Nou kan ons

die omgewing bekyk:

strome verkeer

teken bruin bane

deur die lug.

Stemme uit radio’s en klankapparate

skep mistige gordyne

wat met die haas van donderweer

trek oor die landskap.

.

Geure uit liggame, ontbytkosse, emosies, elektronika

klots teen ons aan;

die boot leun ligweg

van kant tot kant.

.

Die dag is nog stewig vas

maar mens kan sien

waar die nate vanaand

sal wegsmelt.

Daar moet iets gebeur:

ja, hier kom die swerm

swaels, groter wordende swart spikkels

en land op die spierwit dek.

.

Wat ’n gekwiek en geknik van koppe!

Elkeen ’n letter,

hulle is besig om hulleself

in orde te kry

sodat hulle woorde kan uitspel,

maar tans is dit chaoties;

daar is nog geen betekenis

in hulle raserige wemeling nie –

wag, daar is iets,

hulle sit in ’n ry wat spel:

jy lewe nog.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s