Gemeenskaplik

5D8DF3BA-A72E-4B27-8EB0-95C3DAE8F171-12341-000003805EFE135C

In gelid. Fotografika: DWV

Gemeenskaplik

.

Elkeen van hierdie borselhare

het iets belangriks

om te doen.

.

Hulle staan regop, in gelid,

maar het geen aggressiewe bedoelinge nie.

Elkeen het ’n taak,

’n stukkie van die wêreld

om teen te druk, te vee,

van plek te laat verander.

.

Een alleen kan min doen –

saam opgestel in orde

verskuif hulle die werklikheid,

verander hulle die verloop

van die oggend,

skep hulle ruimte vir nuwe dinge.

.

Een van hulle is minder behendig:

gebuig, seergekry ’n ruk gelede.

Hy doen sy bes,

maar dit is bra swak.

Langs hom, voor en agter

staan die ander,

solied en paraat

tot sy hulp.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s