Deurdink

DKq_STHWkAAzXJj-800x450

Die Panamakanaal

Deurdink

.

Vaar ’n ent

op die smal kanaal

diggelaai met idees,

vormende gedagtes, denkprosesse,

tot by die volgende sluis.

Wag vir die watervlak

om te styg

en vaar die nuwe sluis in,

meters hoër as agter jou.

.

Is die vrag nog veilig?

Inspeksie.

Party van die idees

begin skeeftrek

en van die vormende gedagtes

het begin vaste vorm kry;

maar is dit bevredigende vorms?

.

Nader die volgende sluis,

die laaste een

voor die invaart op die Gatúnmeer

en vandaar

die Stille Osaan in

met jou onrustige vrag

wat bedoel is

om iets te verduidelik,

duidelik te maak,

van die Groot Stilte.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s