Watter kleur is lig?

Saad

Saad. Foto: DWV

Watter kleur is lig?

.

Hier lê die saad

in my hand,

knoetserig, verrimpeld,

groenerig, roerloos;

is dit lewendig?

.

Binne die skurwe dop

lê die kiemselle

en wag

vir die donkerte van grond

oor hulle,

die sypeling van water

om hulle.

.

Dan word die lewe

woes in hulle,

vedeel hulleself in al hoe groter groepe,

word wortels

wat invoel ondertoe,

word ’n stingel wat boontoe rek,

deur die grond breek,

klein, sagte blare oopvou

en sonlig opraap.

.

Is ek saad

of maker van saad?

Groei ek,

of wag ek

vir die oproep?

.

Ek voel die water

van alles wat is

om my.

Ek sien lig,

dit is die kleur van grond,

die digtheid van slaap,

die hitte van ’n handholte.

.

Dalk is dit nie lig nie,

dalk kom dit nog,

Het dit ’n geur?

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s