Dis ‘n idee

Golden-hour-leaf copy 2

Groen netwerke. Foto: DWV

Dis ’n idee

.

Springlewendige idees

is netjies verpak

in groen vliese

van bio-elektriese neurale netwerke.

.

Hulle lê en wag

om uitgelig te word,

versigtig gekoppel te word

aan die dinkproses

wat sag dreun in die enorme koepel

van die psige

se nie-materiële tuiste

in die ruimte tussen werklikhede.

.

So ’n idee is nou geaktiveer:

dit ril en swel van lewe,

gee uiting aan geure reg deur die toonleer,

weergalm subsonies, hoër tot supersonies.

.

Die idee is springlewendig,

’n oorgehaalde sprinkaan.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s