‘n Oggend word geskep

B6A014AD-A478-4250-8C97-AC0AFDC60D10-19908-0000050ABC3938C3

Daar is ‘n streep lig. Grafgika: DWV

 

’n Oggend word geskep

.

Daar is ’n streep lig,

lig soos dowwe wol.

’n Regop streep

wat miskien ’n uitroepteken is,

dit kan ook ’n syfer een wees,

maar waar is twee?

.

Nou is daar klank ook:

skerp skerfies helder glas;

dit kom van buite,

maar dit voel of buite

hierbinne is.

.

Die mense om my

steur hulle aan niks,

ook nie aan my nie.

Die motor sonder remme

waarin ons gery het, het gaan staan.

Die man met die bekende gesig

praat met my.

Hy gee my belangrike inligting

wat sonder enige betekenis is.

dan sublimeer hy soos droë ys.

.

Ek weet wat ’n gordyn is,

dit laat ’n spleet lig deur.

Buite verduidelik titptolle in skerp skerfiestemme

aan mekaar dat dit ogggend word;

dit kom uit sy eier, sê hulle.

.

Hulle is buite,

ek is binne.

Een of ander tyd is die twee geskei

soos aan die begin,

die waters van die aarde.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s