As ek sou kon dink

 

308317F0-084E-4D30-9B5F-8F340F2BBDB4-57177-00000FC487E32A95

Swartrugjakkals. Fotografika: DWV

As ek sou kon dink

.

As ek sou kon dink

soos ’n swartrug-jakkals

sou ek gisteraand

geluidloos geloop het

deur jou gedagtes

en jy sou my nie gesien het nie.

.

As ek sou kon dink

soos ’n walvis

sou ek op die bodem

gaan kyk het na die Internet-kabels

en geluister het

hoe gons

hulle ylingse gedagtes.

.

As ek sou kon dink

soos ’n janfrederik

sou ek hoog genoeg

op ’n tak gaan sit

en kyk hoe jy jou toemaak

met stene, glas en ysterstawe

en wonder hoekom jy so bang is.

.

As ek sou kon dink

soos ’n heuningby

sou ek heeldag gesoek het

na alles wat soet is

en met harde werk

hier en daar iets kon kry

om te suig.

.

Ek sou weet waarvoor ek lewe,

en waarom ek so besig is;

ek sou partykeer wonder

waarom staan jy daar

en staar na jou hande;

wonder jy wat jy moet doen?

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s