‘n Stoel staan stil staan ‘n stoel stil?

 

D1731428-3E81-4CA2-A68C-A3274007E041-23714-0000063C5C49AAA7

‘n Stoel staan stil. Fotografika: DWV

 

’n Stoel staan stil staan ’n stoel stil?

.

’n Mens

het hier gerus,

op hierdie stoel.

.

Die rug het die rug gestut,

die sitvlak

het die liggaam

bokant die vloer gehou.

.

Vier pote aan die stoel

stoot teen die vloer,

teen swaartekrag

om die mens stabiel te hou

in sit

sodat hy verder kan dink

aan hoe hy val

deur die ruimte,

saam met die stoel,

die huis, die dorp, die land,

die orbe van die aarde;

val om die son,

val saam met die son

in die spiraalarm

van die melkweg,

val in die ondenkbare niks

na ’n ander kosmos.

.

Hier waar die mens gesit het,

op hierdie stoel,

lyk alles stil,

stil soos Munch se gil.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s