FDEB7CD5-4AF1-4544-9387-A3EAC68A179B-11877-0000030CA132045F

Ek wil sê ek is bly. Grafika: DWV

Laat die water oor die akker

loop

.

Ons vier vandag –

want hoor hoe giet

die vleiloerie sy reënnote

uit in die koel sonlig.

.

Kyk hoe behaaglik

krul die blink erdwurm

in die klam grond

wat ruik na groei en bloei.

.

Paddas lê in die water,

roei effens met hulle tone

en maak virtuose musiek

op een toon.

.

Vier die groei

van die haastige radyse,

die skares klein blomme

van die rankers,

die bye se agterpote

volgestop met gul geel stuifmeel.

.

En die wolke,

besige werkers, heen en weer

oor die lug, word blou donkerblou

en kom aarde toe

in die blydskap van water.

.

Alles is vandag te vier,

niks is te min nie,

elke blaar van die kareeboom

is ’n biologiese produksieplek

wat asem maak vir jou en my.

.

My asem wil ek gebruik

om te sê ek is bly.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s