Vlug van die vredesduif

pigeon-flying-keith-boone.jpg

Vlug van die vredesduif

.

Ek sal verduif

en my blou vere

dig om my vou.

Ek sal roep

met hees katedraalklokklanke

en om my kyk

met die skerp donker oë

van Dante Alighieri,

opkyk na die spiralende

wolke wat ver bo inkolk

in ’n ligbron

wat die oë nie kan verduur nie.

.

Duiwend sal ek

myself deur die lug laat klief,

en die aarde

onder my sien rol.

Ek sal die klein vlekkies van stede sien,

die nate van bergreekse,

die blink stippels van damme

en ligstrepies van riviere.

.

Ver eenkant

hang die arende,

klouend in die wind,

soekend na bloed.

.

Hulle sal altyd daar wees,

verwoesters van lewens.

Maar ek duik verby,

ek soek vrede.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s