Stofsiel bejeën

00D81B70-904C-4FC6-B5F4-F6DD8EE9D62B-5746-0000019013F8ED38

Kleios. Fotografika: DWV

Stofsiel bejeën

.

Kleiosse wei rustig

langs die rivier,

vul langsamerhand

die eerste van hulle twee mae.

.

Eenkant onder ’n koorsboom

sit die man

sy osse en dophou

met ’n stewige stok in sy hand.

Sy kop is van rooi klei,

sy arms blinkgladde klei,

sy bors dieprooi, swaar klei,

sy bene lenige stroke rooi klei,

sy voete, harde stofrooi klei.

.

Die maan, deursigtig soos ’n venster

in die daglig,

dryf dromerig verby,

wolke krul en speel

om mekaar soos klein hondjies.

.

Die man staar na die maan

se wegswewende boude.

Hy wonder

of klei

tot op die maan kan ry.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s