Vandag het die son opgekom

IMG_0531

Foto: DWV

Vandag het die son opgekom

.

Om vyf drie en dertig

vanoggend

het die son opgekom,

maar skuins.

.

Nie soos altyd op die plek

langs die watertoring nie,

maar skuins,

meer in die rigting

van die winkelsentrum.

.

Ek het dit nie gesien nie,

maar daarvan gehoor

soos die waterfiskaal dit vertel het,

en bevestig deur die houtkapper.

.

Die tiptol het effens verskil

en het gemeen

dat die son eintlik direk

agter die winkelsentrum opgekom het,

maar die wewer

wou niks daarvan weet nie.

Volgens hom het die son,

soos altyd, op die gewone plek opgekom.

.

Janfrederik het gevra vir orde

en ’n beroep gedoen op die hadida.

Jy kom van Egipte af,

het hy gesê, en jy weet van hierdie dinge.

Wat presies het gebeur, dink jy?

.

Die hadida het ’n paar treë

eenkant toe gestap, vlerke agter sy rug,

omgedraai en terug gestap met krom knieë.

Toe sê hy met ’n skel, nasale stem:

Die son het opgekom

en de donner met die res.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s