Reisend

Vintage-Edward-Hopper-Nighthawks-Diner_art

Nighthawks, 1942. Edward Hopper

Reisend

.

Anderkant die treinvenster

bestaan die stasie.

Donker, met dowwe ligte

wat op afstande brand.

.

Die perron is swart geloop

en ’n stasiebank

staan afwagtend, leeg.

.

’n Mot land met ’n stil vloekwoord

teen die venster

en kruip pynlik stadig boontoe.

.

Daar is ’n geluid

van iets onbekends,

metaal op ’n ander metaal,

of iets wat skuur op beton.

.

Niks beweeg nie.

.

Die mot lyk soos ’n sterwende boeddha.

.

Mens kan ’n deel

van ’n advertensiebord sien.

Net die woorde: …your pelasure.

.

Duskant die venster

sit jy.

Jy voel jou hart se klop

in jou slape.

Dit sê niks, doen net.

.

Jy kyk na jou hande.

Hulle is leeg.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s