Gedenk aan my

Glansspreeu 02

Foto: DWV

Gedenk aan my

.

Daar roep

die onbekende voël.

Niemand antwoord nie.

.

Die roep klink droef,

dit klink alleen.

Ek wil dit antwoord,

maar weet nie hoe nie.

.

Dalk roep die voël

die wolke nader,

wolke met welkom water.

.

Maar die voël roep dalk ook

gedagtes nader;

my gedagtes

en jou gedaghtes nader

om daarmee nes te maak,

met ons gedagtes.

.

Daar roep die voël weer.

As ek net kon weet waar,

sou ek dalk kon antwoord.

Maar al wat ek kan doen,

is dink.

Al wat ek kan gee,

is my gedagtes.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s