Bloute

D5F6E155-8600-4C40-94EF-1DD62699712E-4422-00000123BBEF79CD

Bloute. Fotografika: DWV

Bloute

.

Nee, daar is geen rooi

in blou nie.

.

Kyk na die sagte, sagte blou

van die are

in haar arm.

So skaars blou,

amper nie daar nie.

.

Maar die helder rooi bloed

stroom stil

terug na die hart.

.

Is dit waar liefde

skuiling kry

en vanwaar dit vloei,

mens om mens

en onvatbaar bly,

die bloute van die verte

wat jy nooit kan bereik nie?

.

Die rooi hartstog

van die brekende dag

word gou blou,

die bloue dag

stromend om ons almal.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s