Netnou

B469F93B-BB7E-4E1F-94E4-0F342BC63E67-2333-000000DA5AF2271B

Bed. Fotografika: DWV

 

Netnou

.

Laat in die nag:

die skaars hoorbare rommeling

van ’n trein

vas op sy spoor na nêrens.

’n Klein klankie kraak

êrens in die huis,

miskien ‘n stoel wat sy bene reguit maak.

.

Dit is ’n donker nag.

By die brandweerstasie

skyn daar ’n lig

by die groot glasdeure

wat die yslike rooi brandweerwa

skel tentoonstel.

.

Die bed sak stadig met jou

op ’n ompad na die maan.

Verby die maan,

rakelings langs Mars verby

en steek sy tone uit

om sag te land

op die groen bladsy van die boek.

.

Woorde van die boek stap verby;

party jonk en huppelend.

Ander is ouer

en hulle dra sakke

en swaar bondels op hulle rûe.

.

Hulle wou nie lank stilstaan by jou nie.

Maar een het darem gebly

vir ’n rukkie,

glimlaggend: netnou.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s