Gesprek

69432857_112586209935163_8223039699759168653_n.jpg

Gesprek

Ville Viklund

Konversation

Ord är skata

som hämtar

bitar av saker

.

Woorde is eksters

wat repe aanvlieg

na die neste van gesprekke.

.

Hier bring een

’n bloederige stukkie

van ’n begrip

en plaas dit in die nes.

.

’n Bietjie later kom een aan

met ’n blink flentertjie

van ’n idee

en los dit in die nes.

.

Nog een bring ’n koringaar

en laat dit val in die nes.

.

Hier kom een

met ’n stukkie koerant,

papgereën en onleesbaar

en sit dit neer in die nes.

.

Dan kom een aangevlieg

met ’n klein houtkruisie

waarvan een arm afgebreek het

en plaas dit plegtig in die nes.

.

Nou bring een ’n bloubessie,

volgeswel en heerlik

en sit dit langs die kruisie.

.

Wat kan verstaan word

van alles in die nes?

Wat is die verband

tussen alles daarin?

.

As jy dit nie kan verstaan nie,

bou jy maar ’n nuwe nes.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s