Woorde vir reën

Photo taken with Focos

Druppels. Foto: DWV

Woorde vir reën

.

In die slapende nag

het die reën gekom.

Stadig en rustig afgeklim

uit die swaar voertuie

in die lug.

.

Nou week dit

die aarde in,

verby die graswortels,

tussen die boomwortels deur,

dieper, tot dit gaan lê

op die rûe van die klipbanke.

.

Dit trek op

in die wortels,

spoel uit in die blare,

klop sag in die bloeisels.

.

In die dag

breek die son die water;

die blare maak suikers daarvan,

asem suurstof uit.

.

Nou trek ek asem in

en stoot weer woorde uit

wat die reën besing.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s