Toonbeelde van somatiese verwarring

Knie

Knie. Fotografika: DWV

Toonbeelde van somatiese verwarring

’n onvertaalbare gedig

.

Daar was ’n gekriewel

in my been.

Dit was my skeen

wat sy identiteit gesoek het

en dit uiteindelik gekry het

in my hak.

.

Toe begin my arm jeuk:

my elm wou weet wie hy is

en begin toe eers ophou jeuk

toe hy by die buiging kom.

.

Iets in my keel,

dit krap effens

nogal ongemaklik.

Na ’n ruk vind ek uit

dis my uvula, ongelukkig

om “klein” genoem te word.

Berus maar, Boet,

ons almal het probleme.

.

My neus weer,

dwing gedurig om op te lig

want niemand anders het vleuels nie.

Wat is nou so wonderlik daaraan?

.

My linkerknie is effens seer

en hy ly onder die waan

dit is van te veel dink,

want hy het ’n kop.

Hy hoor die klok lui,

my tepel, maar hy weet nie

waar hang die klepel,

en ook nie wat maak ’n man

met een of twee nie.

.

Om myself te troos

en weg te kom van al die klagtes,

misverstande en opgeblase ego’s,

dink ek aan die see:

son ingevryf op die water,

golwe wat peristalties inrol

in die baai,

lekker warm sand

wat my tone brand,

my voorbeeldige tone

wat weet wie hulle is,

en die klam, lou wind

teen my been se waai.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s