Alles of niks

1.jpg

Alles of niks

‘n Prosagedig geskryf in versvorm

.

Dis ’n pastiche, n’est ce pas?

dink Djaak in die Frans-klas.

As ek droit de seigneur gehad het …

dink hy

en kyk skuins na Antoinette,

so onopsigtelik as moontlik.

Maar die lewe is ’n pastiche,

gaan hy voort met sy dinke.

.

Dis ’n pastei: jy moet daarin byt

om iets daaruit te kry.

Hy kyk weer vinnig na Antoinette

wat gekonsentreerd besig is

om haar Franse opstel te skryf.

.

Ek ly aan désespoir, vertel Djaak homself.

Ek sit en lewe

hier op die lang bleek steel

van die verlede,

chaque fleur sur sa tige

en kyk terug met la nausée.

.

Hoekom kan ek nie eenvoudig

naderstap en vir haar sê:

Ma cher … of cheri? Nee.

Mademoiselle? Nee! Te formeel.

Miskien moet ek net sê” Luister, Bokkie …

Hopeloos te familiêr.

Dalk: Voulez vous coucher moi?

Jy is seker van jou wysie af!

Dalk net: Bonjour, comment allez vous?.

.

Almal staan op en pak hulle boeke in.

Djaak het niks uitgerig nie.

Ek is net soos Sartre, dink hy.

Ou Boet, ons is voëls van enerse vere,

ons dink te veel aan niks,

ex nihil omni.

.

Alles of niks, as ek dit reg verstaan,

dink Djaak.

Of dalk verstaan ek niks nie.

Maar dan het Albert Einstein

ook nie niks verstaan nie.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s