Al hoe meer onleesbaar

Onleesbaar

Ou boek. Foto: DWV

Al hoe meer onleesbaar

.

Met verdrag

kom die dag

dat die wilde-iris sal oopgaan,

die ui met geboë rug

uit die grond opstaan.

Wolke sal saamdring

in ’n donker, bulkende trop

en reën sal behaaglik gaan sit

op die droë gras.

.

Met verdrag

sal hulle dan in die huis

die dae omblaai,

inskryf wat na heuning gesmaak het,

gebrand het soos doringsteek;

die week omblaai,

swaar en nat van al die gesprekke;

die maand omblaai

met die begin wat al vergeel

begin vergeet word;

die jaar omblaai,

indraai in die perkamentrol

wat al hoe meer onleesbaar word

hoe dieper jy wil lees.

.

Met verdrag

sal die rol

uiteindelik vol wees,

beskryf met ’n taal

wat vir die kinders

al hoe vreemder lees.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s