Apostroof

Aand

Aand: Foto: DWV

Apostroof

.

Dan kom die Aand

sit reg voor my

onder die geur van die kanferboom,

vou sy donsige skemer vlerke om ons.

Wat nou?

.

Dit is n geselserige aand.

Ek is wat jy noem, ’n apostroof

sê hy met ’n fyn glimlag

.

Geselsend met jou

maar ook eindig soos ’n punt,

aarselend soos ’n komma.

.

Wat jy ook al genoem word,

jy is hierantwoord ek.

.

Kan nie lank bly nie,

sê die Aand half verskonend,

ek moet plek maak vir die Nag.

.

Vriendskappe hou langer

as jy korter kuier,

beweer ek.

.

Moontlik, antwoord Aand

en lig sy vlerke.

Donkerte stroom in

soos water oor ’n damwal.

.

Aand vlieg weg,

geluidloos soos ’n uil.

.

Goeienag, groet ek.

Miskien, antwoord Nag.

Onthoujou gedagtes loop los rond

wanneer jy slaap.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s