‘n Handvol sand

Vaalrivier 01

Vaalrivier. Foto: DWV

’n Handvol sand

.

Om daar te wees,

moet jy daar kom.

.

Die pad loop deur die Hoëveld

met sy bruin wintergras,

geduldige doringbome,

oor die rivier se vaal water,

die platgetrekte vlaktes van die Vrystaat,

Leipoldt se Hantamwêreld,

die Grootkaroo en Kleinkaroo

met hulle taai, harde bossies,

oor die Bolandse sandsteenberge

teenmekaar geplooi deur

ondenkbre geologiese kragte.

.

Die pad loop tot by die growwe sand

van Seepunt:

klein brokkies sandsteen,

stukkies skulpe, repies seewier,

stompies, plastiekflenters, geroeste bottelproppe.

.

Wanneer jy daar aankom,

kyk jy rond,

skep die sand in jou hand

en kyk hoe dit stadig uitloop

tussen jou vingers.

.

Jy bedink wat jy kan doen

met wat oorbly.

Jy wonder hoe jy daar gekom het,

om daar te wees

met ’n handvol afval –

jy het nie gruis in jou hand nie,

nie ’n enkele ghnarrabosblaar nie.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s