Klokhelder

D60AB611-31FE-4234-89A0-86A369F5C87D-502-00000017F2510545

Mitiese duif. Grafika: DWV

Klokhelder

.

Van vroeg af al

lui die kransduif die klok.

Dit is om

mense soos Lucretius nader te bring,

mense soos Sappho en haar vriendinne,

Dostojevski en Thomas Mann,

asook om Jacques Brel en Edith Piaf

te laat aankom,

natuurlik ook Bent Brootman,

wat heeltemal niks merkwaardigs

in sy lewe gedoen het nie,

en Fernando Pessoa wat baie geskryf het

en amper niks anders nie.

.

Die duif hou aan met die klok

om ’n skare bymekaar te kry.

As almal uiteindelik bymekaar is,

wat dan?

.

Dan sal die duif hulle toespreek:

Mense, julle het almal

iets gesê wat onthou kan word,

jy ook, Bent,

Onthou nou wat julle gesê het,

en praat daaroor

met almal wat julle teëkom.

.

Want dit is nie seker

of al die waarhede,

al die groot gedagtes

wat in woorde vasgesit is,

genoeg is nie,

genoeg is om te sorg

dat hierdie ronde huis van ons

bewoonbaar bly.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s