Tuin met mooimeisies

Ou man met oopnek

Ou man met oopnek. Grafika: DWV

Tuin met mooimeisies

.

Daar is mooimeisies

in my tuin,

janfrederikke, kransduiwe,

kakelaars en mossies,

nog baie ander ook.

.

Mooi meisies

in my lewe;

ek het met almal van hulle gepraat,

gestry met party, almal bewonder.

.

Daar is mooi meisies

in my lewe,

mooimeisies in my tuin,

vinke, houtkappers en uile,

vinkel en koljander, uie

en al die wisselende buie

van die mooi meisies in my lewe.

.

Watter meisies is mooi?

Al die meisies in my lewe

en die mooimeisies in my tuin,

die wit pante met die rooi strepie

van die kleinbosbeeskloublommetjie,

tweedagblommetjie, mooimeisie se bui.

.

Staan ek dan eenkant, eenkant

van al die praat, die slaap, eet en drink,

eenkant van die lekkerkry en die seerkry,

is ek al anderkant, of net eenkant?

.

Ek dink nie so nie,

mooimeisies is vir my te mooi,

mooi meisies kom nog praat met my,

ek is nog duskant

hierdie kant

waar die mooiheid

sprinlewendig aanhoudend babbel,

en hier en daar gesels ek saam.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s