Ek ken die wêreld daar

IMG_0675

Sierlike, efemere waarhede. Foto: DWV

Ek ken die wêreld daar

.

Ek ken die wêreld daar,

dit is droog in die winter.

Die klarinette ruis gedemp in die wind

waar hulle plate staan

langs die stadige stroompie.

.

Die een berg met die seer been

kom maar stadig

agter die ander aan,

blou van die koue in die nag.

.

Daar is biltong te koop

in die stalletjies

langs die snelweg

wat nog gebou moet word.

Dit is waar die wolke

digters word

en woorde praat

wat die kortstondige lywe beset

van sierlike, efemere waarhede.

.

Ek ken daardie wêreld

want ek het daar studeer

vir my welverdiende graad

in onkunde.

Dit is met ’n bietjie weemoed

dat ek terugdink

aan daardie wêreld

wat ek so goed ken.

.

Die bosluisvoëls daar

is altyd aangetrek

in sjirurgiese wit

en hulle sê baie min

terwyl hulle die beeste inspekteer

soos dit medici betaam

wat nie ’n diagnose kan maak nie.

.

Daar is mense

in daardie wêreld

wat net ou boeke lees.

Nuwe boeke, sê hulle

ruik te veel na moedswillige onnoselheid.

Liewer die Skrywerskring se Jaarboek van 1938,

daarin word tog gewigtig gepraat

oor vergete onbenullighede.

.

Daardie wêreld ken ek

en reis soontoe

wanneer ek kan.

.

Jammer jy kan nie saamkom nie,

ek sal maar vir jou ’n brief moet skryf

oor daardie wêreld wat ek ken

en dit nooit pos nie.

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s