Lafhartige mannemoed

08552235-BBD0-4ADB-B4F6-6BE6621FB39F-9164-0000025B301F6B31

Mannemoed. Grafika: DWV

Lafhartige mannemoed

.

Hierdie gedagte

is geskeur

uit ’n lang tyd gelede.

Dit is nie volledig nie,

dele daarvan is weg,

die kleure het taamlik vervaag,

buitelyne baie versag.

Maar dit is herkenbaar:

.

Die rooi hoenderhaan

stap stadig nader

met ’n seremoniële gang

soos die erewag van ’n Oos-Europese diktator.

.

Hy kyk stip na my,

sy kam gloei met militêre trots.

Visierskerp is sy oog op my,

die glansende koepel

agter die sabel van die snawel;

rondom is alles vaag.

.

Moet ek padgee?

Is dit trots

wat my vas laat staan,

of is ek verlam van vrees?

.

Die haan kom nader,

sy spore glans in die son.

.

Ek sal sykant toe beweeg,

uit sy pad.

Bloed wil ek nie aan my hande hê nie,

nie syne nie, nie myne nie.

.

Die rooi haan

stap vol veragting verby.

Wat sou sy veragting

aan my kon doen –

die nat hoendermissie?

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s