Jy skilder my

Let's think 03 copy

Laat ons ‘n bietjie dink. Grafika: DWV

Jy skilder my

.

Daar word ’n streep

op die doek getrek

met houtskool, nie reguit nie;

dit draai en swenk, word ligter

en swaarder;

dit beskryf sonder woorde

die vorm van ’n man se kop,

sy lyf en hande.

.

Verf in nouverwante skakeringe

en wilde teenoorgesteldes

sprei uit en bring die man

tot lewe.

.

Hierdie man wat jy sien

op die doek

lewe

in jou gemoed,

in jou gedagtes, jou verbeelding,

jou geheue,

jy gee hom lewe.

.

Dit is wat ek en jy

doen vir mekaar –

ons skep mekaar.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s