Uiteindelik reën dit

Donderwolke

Donderwolke. Foto: DWV

Uiteindelik reën dit

.

Rus-rus kom die wolke aan,

’n luggie draf

haastig deur

en strooi dooie biljette

met die woorde:

Dit kom!

Is jy voorbereid?

.

Daar is ’n amper onhoorbare

dreuning,

kalm bevele

uitgereik deur ’n natuurgod

aan die elemente in sy gevolg.

.

Hier en daar

is ’n paar lang grasse

wat stadig hulle sade

heen en weer wieg;

hulle is nie bekommerd nie.

.

Die blou van die lug

raak ingetrek, gekonsentreer

tot donkerblou, amper swart.

.

Stadig, met sy kop afgebuig,

loop die man

na die plek

waar sy vir hom

die stamvrug gewys het.

Daar by die kransie

staan hy en kyk

na die boom, vasgehurk

in die rots.

.

Wit lig lem

af op die veld.

Druppels begin val

op die man se dun hare,

loop oor sy voorkop,

oor sy wange.

Sy wange word nat

van meer as reën.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s