Verbots

200439876-001

Waatlemoen verbots

Verbots

.

Twee gedagtes stamp

teen mekaar.

Albei bly heel.

Die een is genoegdoening.

Die ander is schadenfreude.

.

Hulle stamp weer teen mekaar.

Op albei verskyn daar nou krakies.

Weer stamp hulle

teen mekaar.

Dit klink soos ’n waatlemoen

wat hard gegooi word teen ’n lywige man se bors.

.

Verbasend is die waatlemoen nog heel.

Daar is ’n rooi kol

op die lywige man se bors.

.

Dit is nie bekend waarom nie,

maar weer stamp die twee gedagtes

teen mekaar.

’n Nat kraakgeluid van die waatlemoen

vermeng met ’n asemkreun

van die lywige man.

.

Dit is nie duidelik

watter magte die twee

teen mekaar dryf nie.

.

Weer ’n stamp.

Die waatlemoen breek oop,

Die lywige man se bors begin bloei.

.

Binne-in is die waatlemoen

so rooi soos bloed,

en die binnekant van die skil

so wit soos was,

die pitte swart soos roet.

.

Die lywige man gaan sit regop

en probeer die bloeding keer

met sy plat hand.

.

Sy stem is effens hees van pyn:

Ek kry so lekker dat jy gebreek is,

jy wóú mos!

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s