Kardinale gedagte

Bosluisvoel Kaapse Wynland Distrik

Geel, groen en blou. Foto: DWV

Kardinale gedagte

.

Geel is ’n groot deel

van die pomelo se kleur.

Daar is oranje by

en nogal iets van ligrooi.

Dele van sy lyf blink,

dit is eintlik kleurloos.

Dan die bruinerige, effens groen

plekkkie waar die stingel

vasgesit het.

.

Dit is ’n gesig.

Gesond en in sy fleur.

’n Kardinaal in Rome

wat die pous van raad bedien

oor die steekse karolingiese heerser.

.

Sy gesig het iets van geel,

oranje daarby, ligbruin,

ligrooi op die lippe,

miskien groen of blou

om die oë.

.

Die kardinaal kyk by die Vatikaan se venster uit.

Rome wemel van lewe,

reuke en klanke.

Onder op die plein

verkoop ’n vrou sinaasappels.

.

Die kardinaal vryf

oor sy kaalgeskeerde wang

en mompel:

daardie half-barbaarse Duitsers

is tog ook mense,

selfs amper Christene.

Daardie donkie op die plein,

is lewendig, nes ek.

Selfs die sinaasappels lewe.

Maar dínk hulle?

.

Ek wonder – hoeveel dink

sal my in die hemel bring?

vra die kardinaal aan die venster.

.

Dalk het ons die hele hemel

en al die engele uitgedink.

Dalk …

.

Die kardinaal besluit

om nie verder te dink nie.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s