Vis en skyfies

 

1C045F74-907D-4C15-8289-E30B84C296F9-10772-000002D4E3AF6A3E

Vis. Fortografika: DWV

 

Vis en skyfies

.

Vreemde visse

swem deur my gemoed.

Hulle praat in ’n taal

in die water

wat ek nie verstaan nie.

Maar ek kry tog ’n idee

wat hulle bedoeling is.

.

Stede van groot konings

en glansende kulture

met die skatte van kunste,

fyn mense, meisies wat dans,

vroue wat poësie leef –

dié stede

is nou net

los klippe wat half

op mekaar lê.

.

Wat sou die visse

daarvan weet?

Nogal baie, miskien alles,

lyk dit my –

hierdie kennis is vir hulle ingesê

deur onwaarskynlike wesens

wat met hulle voete

in die water gestaan het

en voorgelees het

uit splinternuwe perkamentrolle.

Die visse het geluister.

.

Eenkant op die grond

staan toegeritste rugsakke

en wag.

Nylonsakke ingepak

met slimrekenaars, slimfone,

DVD’s, skywe – groot en klein –

geselsend met inligtingswolke,

ongeduldige kunsmatige intelligensies

wat wag om oor te neem,

maar dit nog nie kon regkry nie.

.

Dit is nie hulle tyd nie.

.

Wag, ek moet nog uitvis,

alles wat ek kan

net met my bril op.

Wag, masjiene,

dalk kom julle tyd tog nooit nie.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s