Ville Viklund se huiwerende dag

download.jpg

Tveksam dag

Ville Viklund

.

Nu har havet blivit hårt

från reflekterat ljus.

.

Huiwerende dag

.

Nou het die see hard geword

van weerkaatste lig.

Twee bote lê bo-op

en stuur onverstaanbare noodseine

langs die wind

na mekaar.

.

In die groot boot

hou die stuurman die wiel

in sy slapende hande,

die boot volg sy eie koers.

.

Klaend laat die mishoring

weet hy is verlore

in die besluitelose mis,

sonder metgesel, vriend of vrou.

.

Binnekort gaan die wind draai,

die mis wegblaai.

Die see gaan gerimpeld raak

soos die letters

op ’n nuwe silwermunt.

.

Dit gaan gebeur,

maar eers moet die son

kan wegbreek

uit die vergadering

in die koue raadsaal

waar daar nog geen ooreenkoms

bereik kon word nie

oor die datum van Ragnarök.

Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

 

IMG_3901

Ville Viklund. Portrettekening

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s